Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
11 strafsake teen Eskom-saboteurs

Die polisie ondersoek 11 strafsake teen werknemers van Eskom weens die sabotasie, intimidasie en geweld van die onwettige staking in Junie en Julie by kragstasies.

Eskom-kragdrade met sonsondergang. Foto: Jaco Marais

Die klagte sluit in bomdreigemente, diefstal, sabotasie, brandstigting, kwaadwillige skade aan kritieke infrastruktuur en eiendom, openbare geweld, intimidasie en huisbraak met die doel om toerusting te beskadig.

Die situasie het plek-plek tot kragonderbrekings en geskeduleerde beurtkrag gelei.

Dit blyk uit ’n skriftelike antwoord van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, op ’n parlementêre vraag van Mosiuoa Lekota, leier van Cope.

Volgens Gordhan het Eskom begin om werknemers wat hulle skuldig gemaak het aan dié oortredings, te identifiseer deur videomateriaal en inligting van slagoffers.

In KwaZulu-Natal is vier sake aanhangig gemaak by die polisiekantore in Richmond, Wartburg, Umkomaas en Margate. Dit hou almal verband met huisbraak met die doel om toerusting te beskadig en sabotasie by vier Eskom substasies.

Daar word ook klagte van bomdreigemente by Alexandra Road en Empangeni ondersoek.

In Mpumalanga is klagte van diefstal en sabotasie by die Matla-steenkoolkragstasie by die Kriel-polisiekantoor ingedien, ’n saak van kwaadwillige beskadiging van eiendom by die Hendrina-kragstasie, bomdreigement by die Duvha-kragstasie, kwaadwillige skade aan kritieke infrastruktuur by die Tutuka-kragstasie, brandstigting by die Kusile-kragstasie, openbare geweld by die Grootvlei-kragstasie, en twee sake van intimidasie en kwaadwillige skade aan eiendom by die Arnot-kragstasie.

Dit kom nadat Eskom volgehou het dat hy ondanks die vakbonde NUM en Numsa se eise sal volhou om dissiplinêr op te tree teen werknemers wat die wet oortree het. Die vakbonde het eers gedreig hulle sal nie die loonooreenkoms met Eskom onderteken as Eskom nie die vervolging van saboteurs laat vaar nie.

In een geval by die Arnot-kragstasie het die “slagoffer geweier om strafregtelike klagte in te dien” in ’n voorval waarin intimidasie en kwaadwillige skade aan eiendom plaasgevind het, en dié saak is gesluit, het Gordhan gesê.

Meer oor:  Eskom  |  Mosiuoa Lekota  |  Pravin Gordhan  |  Elektrisiteit  |  Sabotasie  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.