Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
3de voldag sonder beurtkrag wink

Jy sal Woensdag die vreugde van lugreëling en ligte kan geniet - maar Eskom pleit dat jy dit verantwoordelik doen.

Die nutsmaatskappy het Dinsdagaand in ’n verklaring gesê hy behoort Woensdag beurtkrag te kan afweer.

Dis ondanks die feit dat altesame 15 740 MW se opwekkingsvermoë van die netwerk af is.

Teen 16:25 Dinsdag was 10 639 MW se vermoë weens onbeplande probleme buite werking en 5 101 MW vanweë beplande onderhoud.

Eskom het beurtkrag Sondag om 12:00 opgeskort nadat fase 4-beurtkrag verlede week aan die orde van die dag was. 

Hy pleit dat mense kort stort, lugreëlaars nie laer as 23 grade Celsius stel nie en toestelle soos selfoonlaaiers heeltemal uittrek wanneer dit nie gebruik word nie, aangesien dit steeds krag trek as dit ingeprop is.

Jy kan jou kerse bêre vir die volgende romantiese afspraak - Eskom is optimisties dat hy krag kan lewer.

Meer oor:  Eskom  |  Kragopwekking  |  Beurtkrag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.