Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Begin gou bie op groenkrag, vra regering
Heelwat genoteerde maatskappye verdien van hul inkomste uit wind- en sonkrag. Foto: Pixabay

Suid-Afrika nooi bieërs uit om vir bykomende hernieubare-kragprogramme ter waarde van tot R50 miljard aansoek te doen en sodoende plaaslike en bemagtigde ondernemings te stimuleer.

Die vyfde ronde van die regering se bodprogram vir groenkragprojekte met ’n opwekkingsvermoë van 1 800 MW sal in November begin, volgens ’n toespraak wat Jeff Radebe, minister van energiesake, Vrydag op ’n konferensie in Johannesburg gelewer het.

“Die bedoeling is om plaaslike vervaardiging te bevorder om ekonomiese groei en belegging aan te moedig, asook geleenthede vir die ontwikkeling van swart nyweraars en onafhanklike kragverskaffers te skep,” het Radebe gesê.

Die bodtydperk sal soortgelyke tegnologie vereis as die sogenaamde versnelde ronde wat in 2015 aangekondig is en wat sedertdien verstryk het, het Radebe gesê.

Onder pres. Cyril Ramaphosa, wat ’n veldtog lei om $100 miljard se beleggings binne die volgende vyf jaar na die land te lok, het Radebe weer nuwe lewe in die nasionale groenkragprogram geblaas.

Dit was eens die wêreld se snelgroeiendste program, maar het gestagneer te midde van teenstand van onder meer Eskom, wat besig is om twee peperduur steenkoolkragstasies te bou, en vakbonde, wat vrees dat groenkrag tot die sluiting van afgeleefde kragstasies sal lei.

Politieke druk om eerder in kernkrag te belê, het bes moontlik ook ’n rol gespeel in die vertraging van nog groenkragprojekte.

Die minister het in April eindelik ooreenkomste met 27 onafhanklike kragprodusente gesluit nadat langer as twee jaar daarmee gesloer is.

Die onafhanklike kragverskaffingsprogram sal ook poog om “die onderskeie behoeftes van die gemeenskappe waarbinne die projekte geleë is in ag te neem en wat sal toelaat dat die impak gemeet word,” sê Radebe. – Bloomberg, bygewerk

Meer oor:  Jeff Radebe  |  Hernubare Energie  |  Sonkrag  |  Windkrag  |  Groenkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.