Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Aanval kan petrolprys erg deurmekaar krap

Hoewel daar teen Maandagoggend ’n oorverhaling van 11c per liter op 95-oktaan-petrol (afgerond) is, moet Suid-Afrikaners dalk nié te gou opgewonde raak dat die petrolprys gaan daal nie.

Suid-Afrikaners gaan moet wag en kyk oor óf hulle in Oktober méér of minder gaan moet betaal wanneer hulle in Oktober brandstof koop. Foto: Elvira Wood

Die oorverhaling is met hoeveel pryse sou daal indien dit vandag vasgestel moet word.

Vir diesel lyk die prentjie egter reeds sleg, met ’n onderverhaling van tussen 8c en 10c op die groothandelprys per liter.

Die oor- en onderverhalings is gegrond op die wisselwerking van internasionale brandstofpryse en die rand-dollar-wisselkoers en is vir die eerste twee weke van die vier weke waarin Oktober se brandstofpryse bepaal gaan word. 

Die groot veranderlike wat die Sentrale Energiefonds, wat die inligting daagliks bekend stel, nog nie kon inreken nie, is die invloed van die hommeltuig-aanval op Saoedi-Arabië en die wêreld se grootste olie-aanleg die afgelope naweek.

Die ruolieprys het vroeg Maandagoggend tot $66,30 die hoogte ingeskiet.

Dié styging kan sonder twyfel ’n groot invloed hê op die nuwe brandstofprys wat vanaf Woensdag 2 Oktober sal geld.

Die huidige gemiddelde oorverhaling op petrol is danksy die verstewiging die afgelope week van die rand teenoor die dollar, maar weens die skerp styging in oliepryse Maandag kan dit omswaai na ’n onderverhaling, wat impliseer petrolpryse sal moet styg.

Die skerp olieprysstyging behoort reeds in Dinsdag se syfers van die Sentrale Energiefonds weerspieël te word.

LEES OOK: Olieprys skiet die hoogte in ná aanval op Saoedi-Arabië

Petrol in Gauteng kos tans R16,03 per liter vir 95-oktaan. Aan die kus kos 95-oktaan tans R15,39 per liter.

Die groothandelprys vir diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% is tans R14,59 in Gauteng en R14,05 aan die kus.

Sowat 56% van die pompprys van petrol in Gauteng bestaan uit belastings, heffings en winsmarges aan die groot- en kleinhandelaars. Net sowat 44% van die prys bestaan uit die basiese prys van petrol by die raffinadery se hek.

Meer oor:  Ruolie  |  Petrolprys  |  Brandstofprys  |  Petrol  |  Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.