Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Adcock doen verkryging in velsorg, oogkunde
Adcock Ingram se aanleg in Midrand. Foto: Loanna Hoffmann

Die genoteerde medisynevervaardiger Adcock Ingram het Genop, ’n maatskappy wat in oogheelkunde en velsorg spesialiseer, vir ’n onbekende bedrag gekoop.

Die verkryging moet egter onder meer nog deur die Mededingingskommissie goedgekeur word.

Genop het ’n jaarlikse inkomste van sowat R400 miljoen.

Volgens Andy Hall, uitvoerende hoof van Adcock Ingram, is dit in ooreenstemming met die strategie om veral in die minder gereguleerde farmaseutiese sektor bedrywig te wees.

Genop verkoop chirurgiese en farmaseutiese produkte vir oogheelkunde, optometrie, velsorg en die skoonheids- en plastiese-chirurgie-bedryf in Suid-Afrika.

Genop besit onder meer die velsorgreeks Epi-max wat redelik gewild by verbruikers en dermatoloë is.

Die ander redes vir die verkryging sluit in:

  • Genop is een van die grootste verskaffers van optiese instrumente in Suid-Afrika en is al langer as 90 jaar een van die markleiers. Die maatskappy verkoop ook kontaklensmiddels en kontaklense.
  • Diversifikasie: “Ons beskou hierdie verkryging as ’n aantreklike beleggingsgeleentheid vir Adcock omdat sy reekse ons bestaande produkte sal aanvul en daar baie min oorvleueling is. Die verkryging bied diversifikasie in ’n minder gereguleerde deel van die gesondheidsbedryf met baie produkte waarvan die pryse nie deur die staat beheer word nie.”
  • Genop besit ook die eksklusiewe verspreidingsregte vir bekende internasionale handelsname in die markte waar hy bedrywig is. Van die produkte wat hy ook verkoop, is dermale vulmiddels, mediese skoonheidsmiddels en estetiese laser.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.