Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Af na fase 1, geen beurtkrag die naweek, sê Eskom

Eskom verwag nie enige beurtkrag oor die naweek nie, nadat drie kragopwekkingseenhede Vrydag suksesvol herstel is.

elektrisiteit
Eskom verwag nie om die naweek beurtkrag in te stel nie, want drie kragopwekkingseenhede kon suksesvol herstel word.

Eskom het ook Vrydag teen 17:00 sy beurtkrag afgeskaal na fase 1 van fase 2 af wat van die oggend om 08:00 gegeld het.

Eskom het wel die publiek gewaarsku dat hoewel geen beurtkrag verwag word nie, moet mense steeds krag spaarsamig gebruik omdat die kragnetwerk kwesbaar en onvoorspelbaar bly.

Eskom se tegniese spanne het by die Duvha-, Kriel- en Tutuka-steenkoolkragstasie een kragopwekkingseenheid elk herstel, wat gehelp het om die druk op die kragnetwerk te verlig, het die maatskappy Vrydag vroegaand aangekondig.

Eskom het in Junie voorspel dat hy slegs enkele dae teen einde Julie beurtkrag sou moes toepas, maar onverwagte foute en skerper as verwagte toename in kragvraag namate die Covid-19-inperkings op die ekonomie opgehef is, het tot groter druk op sy stelsel gelei.

Navorsers van die WNNR het die afgelope week gewaarsku beurtkrag gaan oor die volgende jaar of drie skerp toeneem voordat dit teen 2023 kan taan wanneer nuwe kragstasies na verwagting in bedryf kom.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Winter  |  Elektrisiteit  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.