Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Altyd krag, al sak die son

’n Plaat van meer as 2 miljoen individuele sonpanele wat oor sowat 10 km strek – dís wat Scatec se noodkrag behels.

Die Noorse maatskappy Scatec Solar gaan dit oor die volgende paar maande op ’n stuk grond noordoos van Kenhardt in die Noord-Kaap installeer.

Sonpanele vir kilometers aaneen. ’n Blik op ’n sonkragaanleg van Scatec naby Upington in die Noord-Kaap. Foto: Scatec

Dit gaan sowat $1 miljard (net minder as R14 miljard teen die heersende wisselkoerse) kos en sal moontlik die grootste sonkrag-en-battery-aanleg ter wêreld wees, meen Jan Fourie, hoofbestuurder van Scatec in Afrika suid van die Sahara.

Die fotovoltaïese sonpanele in die drie individuele aanlegte van 50 MW elk sal ’n totale kapasiteit van 540 MW hê, maar sal in staat wees om 150 MW se “versendbare” kragopwekking te verskaf. Dit beteken dat 150 MW se krag altyd tussen 05:00 en 21:30 beskikbaar sal wees, ongeag of ’n flou wintersonnetjie skyn en of die dag bewolk is. Dit is danksy die kombinasie van ’n stelsel van moderne litium-batterye met die sonkrag.

k

Scatec se drie projekte is die jongste wat voorkeurbieër-status gekry het as deel van die regering se noodkragplan vir 2 000 MW wat nie later nie as Augustus 2022 elektrisiteit by die nasionale kragnetwerk moet invoer.

Die aanleg sal selfs gedurende die maande met die minste sonlig steeds die gekontrakteerde krag kan lewer.

Fourie verduidelik dat 22 jaar se inligting oor die uurlikse sonlig in die gebied nagevors is om optimale prestasie te verseker.

Scatec het reeds ses sonkragaanlegte in Suid-Afrika, wat die Kalkbult-aanleg van 75 MW naby Petrusville insluit, asook ’n sonkragkompleks van 258 MW by Upington.

Dit lyk asof Scatec se projekte die enigste in die noodkragprogram is wat benewens die batterystelsel uitsluitlik op hernubare energie steun. Van die ander hibriede projekte het sonkrag en windkrag of slegs sonkrag wat dan met dieselkragopwekkers of met gas-kragopwekkers gekombineer word, volgens inligting van die departement van minerale hulpbronne en energie.

Daarby kom die omstrede kragskepe van Karpowerships wat gasaangedrewe kragopwekkers sal gebruik.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Krag  |  Sonkrag  |  Groenkrag  |  Ipp's  |  Elektrisiteit  |  Kragtariewe  |  Noodkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.