Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
April-skok druk petrolprys tot naby rekord op

Die finale brandstofpryse vir April is pas bekend gemaak - en dis maar slegte nuus vir mense wat die langpad vat oor die skoolvakansie wat pas aangebreek het.

Die Sentrale Energiefonds het weens die Paaslangnaweek effens vroeër as gewoonlik die brandstofpryse bekend gemaak.

Die stygings verskil dié maand in die binneland en Gauteng, wat die prentjie só daar laat uitsien:

  • 95-oktaan-petrol: Dit word in die binneland 72c per liter duurder en aan die kus 62c per liter;
  • 93-oktaan-petrol: Dit word in die binneland 69c per liter duurder en aan die kus 59c per liter;
  • Diesel (albei grade): Die groothandelprys styg in die binneland met 62,5c per liter en aan die kus met 55,1c per liter;
  • Paraffien: Dit word landwyd op kleinhandelvlak 6c per liter goedkoper; en
  • Gas: Dit word landwyd 39c per kilogram duurder.

Die nuwe pryse word op Woensdag 4 April van krag. 

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê in ’n verklaring internasionale brandstofpryse het sedert die middel van Februarie stabiel gebly, maar sedert 12 Maart skerp gestyg. Brent-ruolie, wat vir Suid-Afrikaanse petrol gebruik word, het Woensdag baie naby aan $70 per vat verhandel.

Die rand het in die oorsigmaand effens verswak. Saam veroorsaak dié twee faktore reeds ’n onderverhaling op brandstof.

Dis egter die styging van altesaam 52c per liter in die twee brandstofheffings wat brandstof so pynlik duur gaan maak.

Die algemene brandstofheffing styg met 22c per liter en die Padongelukkefondsheffing met 30c per liter, het Malusi Gigaba, toe nog minister van finansies, in Februarie se begrotingsrede aangekondig. Paraffien word nie deur die brandstofheffings geraak nie.

Daarby het die nasionale energiereguleerder (Nersa) ’n tariefverhoging van 6,57c per liter aan Transnet toegestaan. Dié volle bedrag word nie regstreeks aan verbruikers deurgegee nie, maar dis die rede waarom die styging wat binnelandse motoriste betaal, soveel hoër is as wat motoriste aan die kus betaal.

Dit is die eerste keer vanjaar dat brandstofpryse styg. Dit gaan 95-oktaan-petrol vir binnelandse gebruikers tot R14,48 per liter laat styg, maar dit sal steeds minder as die allerhoogste vlak in Desember van R14,76 per liter wees.

Die AA is bekommerd dat internasionale oliepryse oor die volgende paar maande verder gaan styg.

Die styging in die brandstofpryse raak nie net die koste om jou motor vol te maak nie, maar ook van alle produkte wat per pad vervoer word.

“Dit moet alles gesien word teen die agtergrond van die styging van 14% tot 15% in belasting op toegevoegde waarde (BTW), wat ook in April van krag word.”

Die suikerbelasting op versoete koeldrank word ook op 1 April van krag.

Die AA sê daar is ’n klein bietjie verligting in die ekonomie danksy Moody’s Investors Service se besluit om staatskuld nié tot rommelstatus af te gradeer nie.

“Ons hoop die groter politieke en ekonomiese stabiliteit sal na ’n meer stabiele vooruitsig vir brandstofpryse oorspoel.”

Meer oor:  Transnet  |  Aa  |  Energie  |  Petrolprys  |  Brandstofprys  |  Petrol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.