Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
‘As Eskom wins maak, maak aandele-plan sin’

Maak Eskom winsgewend, dan kan dit sin maak om skuldbriewe in aandele om te skakel, sê dr. David Masondo, adjunkminister van finansies.

Dr. David Masondo, adjunkminister van finansies. Foto: Sarel van der Walt

Masondo het in ’n rubriek vir die Sondagkoerant City Press gesê die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat die staatspensioenfonds (GEPF) se geld bestuur, sal nie die R92 miljard se skuldbriewe wat hy in Eskom besit, kan omskakel in aandele voordat Eskom winsgewend bedryf kan word nie.

Die voorstel dat ’n deel van Eskom-skuld in ekwiteit omgeskep word – wat vir Eskom miljarde aan rente sal bespaar en sy kontantvloeiposisie aansienlik sal verbeter – is reeds in November 2019 deur die vakverbond Cosatu gedoen. Cosatu verteenwoordig duisende Eskom-werknemers deur die National Union of Mineworkers (NUM).

Die sakeman Reuel Khoza, die OBK se voorsitter, het ook vroeër vanjaar ’n soortgelyke plan aan die tesourie voorgelê.

Die regering waarborg miljarde rande van Eskom se skuld en dit sal tot die staat se voordeel wees as Eskom se skuld in aandele omgeskep word.

Vakbonde wat staatstampenare verteenwoordig, insluitende die Vereniging vir Staatsamptenare en Solidariteit, het voorheen gesê hulle verwerp die omskepping van Eskom-ekwiteit in –aandele, selfs al waarborg die regering staatspensioene omdat die GEPF ’n vastevoordelefonds is.

Eskom het R454 miljard skuld.

In beginsel steun Masondo die idee, wat hy sê “die potensiaal het om te werk”.

Eskom het volgens Masondo die vermoë om rente op sy skuld te betaal – en só ’n opbrengs vir staatsamptenare te verseker – maar sal genoeg inkomste en wins moet maak om dividende te betaal as die skuld in aandele omgeskep word.

Is daar ’n manier om spaargeld te demokratiseer deur meer raadplegende gesprekke oor waar en wanneer om spaargeld te belê?
David Masondo, adjunkminister van finansies
Is daar ’n manier om spaargeld te demokratiseer deur meer raadplegende gesprekke oor waar en wanneer om spaargeld te belê?
David Masondo, adjunkminister van finansies

“Die OBK moet verseker dat die verwagte dividendinkomste redelik hoër gaan wees as die huidige rente wat op sy lenings verdien word.

“Eskom moet aan sekere voorwaardes voldoen as die omskepping van OBK-skuld in aandele suksesvol en volhoubaar gaan wees.”

Eskom verskaf 95% van Suid-Afrika se krag en het juis van Vrydag weer beurtkrag ingestel. Fase 2-beurtkrag geld tans (met die uitsondering van onder meer Kaapstad, waar fase 1 geld) en sal na verwagting ook in die week wat kom ingestel word.

Die nutsmaatskappy word deur probleme geteister, met kragopwekkingseenhede by sy ou en nuwe steenkoolkragstasies wat gereeld uitskop, hetsy weens ouderdom, gebrekkige instandhouding of swak ontwerp.

Voorgeskrewe bates

In sy rubriek verwys Masondo ook na die rol van pensioenfondse in die algemeen om te help met Suid-Afrika se ekonomiese herstel.

Hy verwys na die ANC se voorstel dat regulasie 28 van die Wet op Pensioenfondse gewysig word om beleggings in infrastruktuur aan pensioenfondse op te dwing.

“Navorsing begin toon dat omgewings-, maatskaplike, bestuurs- en impakinvestering beter opbrengste as standaardbeleggings kan oplewer as dit behoorlik en versigtig gedoen word.

“Die onvermoë van sowel openbare as private batebestuurders om besluite in die belang van hul kliënte te neem, laat baie vrae ontstaan. Is die huidige modus waardeur batebestuurders ’n mandaat ontvang voldoende om beleggingsopbrengste vir kliënte te verseker?

“Is daar ’n manier om spaargeld te demokratiseer deur meer raadplegende gesprekke oor waar en wanneer om spaargeld te belê?”

Meer oor:  Gepf  |  Obk  |  Eskom  |  David Masondo  |  Pensioenfondse  |  Voorgeskrewe Bates  |  Elektrisiteit  |  Staatsamptenare  |  Staatsondernemings  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.