Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Bal aan rol vir nuwe krag

Die bal is aan die rol vir die volgende ronde van kragtenders in die regering se elektrisiteitsplan.

’n Nuwe bepaling kragtens art. 34 van die Wet op Elektrisiteitsregulering is Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer, wat amptelik die weg baan vir die regering om tenders aan private kragprodusente uit te reik vir die bou van:

  • 6 800 MW se nuwe son- en windkrag wat tussen 2022 en 2024 aan die gang moet wees.
  • 513 MW se kragopbergingstegnologie wat teen 2022 in bedryf moet wees.
  • 3 000 MW se kragstasies wat deur aardgas aangedryf moet word en wat tussen 2024 en 2027 aan die gang moet kom; en
  • 1 500 MW se steenkoolkragstasies wat van 2023 tot 2027 beoog word.

Al dié nuwe kragopwekkingsvermoë is ingevolge die geïntegreerde hulpbronplan (IRP2019) wat in 2019 finaal goedgekeur is en wat ’n bloudruk vir kraglewering tot en met 2030 is.

David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, tydens ’n besoek die afgelope week aan die Perdekraal-Oos windplaas van 110 MW noord van Touwsrivier in die Wes-Kaap, wat bykans voltooi is. Dit is gebou as deel van die vierde ronde van die regering se groenkrag-aankoopprogram.

Die verkryging van dié kapasiteit moet deur ’n billike regverdige, deursigtige, mededingende en kostedoeltreffende tenderproses plaasvind, het Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, in die bepaling voorgeskryf.

Hy skryf ook voor dat Eskom die enigste aankoper van die elektrisiteit sal wees. Hoewel die beoogde kragprojekte so gou moontlik gebou moet word, sal nodige afwykings van die tydraamwerk toegelaat word afhangende van “heersende risiko’s oor energiesekerheid, die tyd wat benodig word vir doeltreffende verkryging en die vereiste konstruksietydskale”.

Mantashe se departement word in die bepaling aangewys as die verkryger wat die tenderprogramme moet uitvoer deur onder meer versoeke vir voorstelle en verwante dokumentasie voor te berei, oor kragkoopkontrakte te onderhandel en ander ooreenkomste te help fasiliteer, insluitende finansiering.

David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, het die nuus verwelkom en gesê Mantashe moet nou net die dringendheid volhou en seker maak die kragprojekte realiseer. Maynier verwag ook Mantashe moet meer duidelikheid gee oor wanneer en hoe munisipaliteite kan deelneem as aankopers van elektrisiteit, eerder as Eskom alleen as eksklusiewe aankoper.

Meer oor:  Gwede Mantashe  |  Elektrisiteit  |  Energie  |  Kragopwekking  |  Kragvoorsiening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.