Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Bedryf weer vry van wet vir petrol-invoer
Die Sapref-raffinadery in Durban. Die brandstofbedryf het drie maande kwytskelding gekry van sekere aspekte van die Mededingingswet sodat rolspelers kan saamwerk om brandstoftekorte te voorkom.

Die brandstofbedryf het drie maande kwytskelding van sekere aspekte van mededingingswetgewing gekry, wat tot einde Junie sal geld.

Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling wat toesig oor die mededingingsowerhede hou, het verlede week die kwytskelding in die Staatskoerant gepubliseer, lui ’n verklaring van die Mededingingskommissie.

Die kwytskelding waarvoor die bedryf elke nou en dan vra, is sodat rolspelers kan saamwerk om brandstoftekorte te voorkom en invoer van brandstof te reël.

Sedert 2005 gebruik Suid-Afrika meer brandstof as wat plaaslike raffinaderye kan produseer. In 2014 moes 863 miljoen liter petrol byvoorbeeld ingevoer word om aan die totale vraag te voldoen, en meer as 4 miljard liter diesel moes ingevoer word, sê Sipho Ngwema, kommunikasiehoof van die Mededingingskommissie.

Die Suid-Afrikaanse Brandstofbedryfvereniging (Sapia) het aanvanklik in 2015 ’n kwytskelding van vyf jaar tot 2020 gevra, maar die owerhede het besluit die kwytskelding sal vir korter tye toegeken word.

Die Mededingingskommissie het byvoorbeeld in 2017 die kwytskelding vir 12 maande toegestaan, waarna die bedryf weer daarvoor moes aansoek doen.

Sapia se lede sluit in die plaaslike filiale van groot internasionale oliemaatskappye soos Shell, Total en BP asook plaaslike brandstofmaatskappye soos Engen, Sasol en PetroSA.

Sapia sê sy lede moet sekere inligting kan deel om ekonomiese stabiliteit in die brandstofbedryf te verseker en om tekorte te voorkom.

Die kwytskelding dek nie kommersiële groot- en kleinhandelbedrywighede nie, maar wel die volgende gekoördineerde aktiwiteite:

  • Die gesamentlike gebruik van die enkelboei-aflaaipunt vir ruolie en ingevoerde brandstof buite die Durbanse hawe wat meer as 70% van Suid-Afrika se olie-invoer hanteer;
  • Die beplanning en skedulering van raffinadery-sluitings;
  • Die versprei van brandstof na raffinaderye na sekondêre depots en vrageindpunte;
  • Die gesamentlike opgaar of voorsiening van brandstof aan skepe;
  • Die voorsiening van brandstof aan lughawens deur gedeelde geriewe;
  • Die samewerking tussen Sapia-lede aan die regering se beleidsinisiatiewe; en
  • Gesamentlike vergaderings van Sapia-lede saam met die departement van energie waar brandstofvoorsiening gemonitor word.

Sonder die kwytskelding sou bogenoemde bedrywighede ingevolge artikel 4 van die Mededingingswet as kartelgedrag bestempel word en kan die Sapia-lede vervolg word, het Ngwema gesê.

Meer oor:  Petrolprys  |  Petrol  |  Mededinging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.