Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag afgegradeer tot fase 1 vanaand

Eskom se opwekkingsvermoë het genoegsaam herstel sodat die nutsmaatskappy die beurtkrag Dinsdagaand tot fase 1 kan versag.

Kraglyne en koeltorings van Eskom se Lethabo-steenkoolkragstasie naby Sasolburg. Foto: Reuters

Eskom sê hy het Dinsdag reeds weer een opwekkingseenheid aan die gang gekry en verwag dat nog een later in die dag krag sal kan opwek.

Eskom het die beurtkrag Dinsdagoggend vroeg tydelik opgeskort soos wat meer eenhede in sy steenkoolkragstasies weer Maandagaand in bedryf getree het.

Beurtkrag sal Dinsdag weer van 17:00 tot 22:00 toegepas word – dit sal egter net fase 1- en nie meer fase 2-beurtkrag wees nie.

In fase 1 moet Eskom 1 000 megawatt (MW) se energieverbruik opskort deur beurtkrag toe te pas aangesien hy ’n tekort aan opwekkingsvermoë het om veral in spitstye na die land se kragverbruik om te sien.

Eskom sê tans is 14 431 MW se opwekkingsvermoë onbeskikbaar weens foute, en daar is nog 2 281 MW onbeskikbaar weens beplande instandhouding.

Die syfer is beduidend minder as die sowat 5 000 MW wat Eskom beplan het om tans weens beplande instandhouding onbeskikbaar te hê. Dit beteken die instandhouding word uitgestel om aan die land se energiebehoeftes te voldoen.

Die verlies weens foute is egter heelwat beter as Sondag, toe beurtkrag skielik aangekondig is etlike minute voordat dit begin het.

Eskom sê hy werk dag en nag om die eenhede te herstel wat onklaar geraak het.

Hy het wel gewaarsku dat beurtkrag waarskynlik in die wintermaande gedurende die spitstye tussen 17:00 en 22:00 toegepas sal moet word omdat die kragbehoeftes van die land weens die koue in dié ure noemenswaardig toeneem.

Die vooruitsig vir die week vorentoe het wel verbeter, en Eskom sê dat nog eenhede oor die volgende paar dae weer in werking sal wees.

Meer oor:  Eskom  |  Kragkrisis  |  Steenkoolkragstasies  |  Instandhouding  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.