Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Fase 2-beurtkrag tot vanaand 23:00

Beurtkrag fase twee bly van krag tot Woensdag 23:00. Eskom het aan Netwerk24 bevestig berigte dat beurtkrag opgeskort is, is nie waar nie.

Eskom het om 20:20 Dinsdagaand getwiet beurtkrag word van fase vier tot fase drie skuif en het omstreeks 21:00 bevestig fase twee-beurtkrag is van krag tot Woensdagaand om 23:00.

Woensdag omstreeks 09:45 het gerugte die rondte begin doen dat beurtkrag opgeskort is, nadat so 'n boodskap deur 'n toepassings na mense se selfone gestuur is.

Eskom het egter by navraag aan Netwerk24 gesê dit is vals nuus en dat fase 2-beurtkrag steeds geld.

Suid-Afrikaners het Maandagaand die skoknuus ontvang dat fase 6 skielik vir die eerste keer ingestel is.

Eskom het vroeër Dinsdag gesê dat beurtkrag waarskynlik die res van die week sal voortduur, maar die verwagting is dat die ligte nie volgende week afgesit sal word nie.

Intussen gaan pres. Cyril Ramaphosa Woensdag met Eskom se direksie en topbestuur vergader waar die kragverskaffer planne oor hoe om die kragkrisis op te los, gaan voorlê. Hy sal ook Eskom se bedryfsentrum by sy hoofkantoor Megawatt Park in Johannesburg besoek. 

Meer oor:  Beurtkrag  |  Cyril Ramaphosa  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.