Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag dalk ná Vrydag vir eers verby
eskom
Op Eskom se mediakonferensie was van links: Jabu Mabuza (waarnemende uitvoerende hoof), Jan Oberholzer (bedryfshoof), Segomoco Scheppers (hoof van verspreiding), Bheki Nxumalo (hoof van opwekking), Bernard Magoro (stelselbestuurder). Foto: William Horne

Vrydag word net fase 1-beurtkrag toegepas, en vir die naweek word daar nie beurtkrag verwag nie.

So het Jabu Mabuza, waarnemende uitvoerende hoof en voorsitter van Eskom, Donderdagaand op ’n mediakonferensie by die O.R. Tambo-lughawe aan die Oos-Rand gesê.

Hy sê vordering is gemaak is om kragverskaffing te stabiliseer. Rugbyliefhebbers kan dus uitsien na ’n naweek van ononderbroke Wêreldbekerwedstryde.

Fase 1-beurtkrag sal wel van 09:00 tot 23:00 Vrydag toegepas word.

Mabuza het onvoorwaardelik om verskoning gevra aan Suid-Afrikaners, sakeondernemings en matriekleerlinge wie se eindeksamen deur die beurtkrag ontwrig is.

Hy sê die besluit om van Woensdag af beurtkrag toe te pas, is nie ligtelik geneem nie.

“As ons aangehou het om ons noodstelsels en reserwes te gebruik teen die koers wat ons van Saterdag af gedoen het, sou ons net die onvermydelike uitgestel het.

Rugbyliefhebbers kan dus uitsien na ’n naweek van ononderbroke Wêreldbekerwedstryde.

“Dit sou groter risiko’s meegebring het vir die nasionale kragnetwerk en moontlik hoër vlakke van beurtkrag, en dus groter skade vir die ekonomie.”

Eskom het Woensdag gesê ’n kombinasie van ketelbuislekkasies in vyf eenhede by drie van sy steenkoolkragstasies, asook ’n stukkende steenkoolvervoerband by Medupi, het tot ’n skielike en enorme tekort aan opwekkingsvermoë gelei.

Dié probleme het reeds Saterdag begin en Eskom het sy noodstelsels, naamlik sy diesel-opwekkers en pomp-opgaarskemas, ingespan om die tekorte aan te vul.

Teen Dinsdagaand het dit duidelik geword dat die noodstelsels nie verder die tekort sal kan aanvul nie. Die probleem met die vervoerband was groter as verwag.

Die beurtkrag was nie onvoorsien kragtens Eskom se somerplan nie, sê Mabuza.

Hierin is dit duidelik gestel dat indien meer as 10 500 MW se opwekkingsvermoë aan onbeplande onderbrekings verlore sou gaan, beurtkrag weer ’n moontlikheid sou word. “Ons het nog nooit belowe dat daar géén beurtkrag sal wees nie.”

Die stukkende vervoerband wat Medupi se 4 800 MW tot bykans ’n derde verminder het, sal wel nou vinniger as verwag herstel word.

Die stukkende vervoerband wat Medupi se 4 800 MW tot bykans ’n derde verminder het, sal wel nou vinniger as verwag herstel word.

Volgens Mabuza sal dit teen middel volgende week volledig herstel wees, in plaas van die aanvanklike raming van die einde van volgende week.

Meer diesel is ook op pad om te help om beurtkrag oor die naweek te vermy. Mabuza sê brandstof- en olie-maatskappye het beduidend gehelp deur om die aflewering van so ’n enorme hoeveelheid diesel te versnel.

Maar hoewel vooruitgang gemaak word, sê Mabuza die werk wat hulle nou doen, bly op die kort termyn gefokus.

Die enigste manier om die groot probleme by Eskom te takel, is groter opwekkingsvermoë en/of om drasties meer instandhoudingswerk te doen. Maar albei opsies verg baie geld, sê Mabuza.

“En in ons huidige powere fiskale posisie is dit onwaarskynlik, indien nie onmoontlik nie, om dit te doen.

“Die geïntegreerde hulpbronplan (IRP) wat môre (Vrydag) gepubliseer word, sal wel ons vermoë om langtermynprobleme op te los, aansienlik verbeter.”

Die IRP word Vrydag in dieStaatskoerant gepubliseer nadat die kabinet dit Woensdag goedgekeur het.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.