Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag die hele naweek – dís hoekom

Beurtkrag sal Vrydag van 12:00 tot 17:00 opgeskort word sodat die parlement bewilligingswetsontwerpe kan goedkeur.

Kraglyne en koeltorings van Eskom se Lethabo-steenkoolkragstasie naby Sasolburg. Foto: Reuters

Dit beteken egter beurtkrag gaan die hele naweek lank duur.

Die adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering het ’n spesiale versoek aan Eskom gerig om beurtkrag op te skort sodat die parlement noodsaaklike bewilligingswetsontwerpe kan goedkeur.

Eskom sê in ’n verklaring dat die bewilligings uiters noodsaaklik is vir die voortgesette funksionering van sleutelstaatsdienste soos hospitale en die polisiediens.

Sonder die goedkeuring van die wetsontwerpe sal die staat nie finansiering kan bekom nie en sal die staatsdiens tot stilstand kom.

Om die nodige krag aan die parlement te verskaf, gaan verg dat Eskom broodnodige noodreserwes inspan om die ligte aan te hou.

Die voorraad diesel en water by onderskeidelik sy oopsiklus-gasturbines en pompopgaarskemas is reeds ernstig uitgeput ná weke wat dit aanhoudend ingespan is om beurtkrag te probeer vermy.

Om die reserwes aan te vul, is juis waarom beurtkrag nou al vir dae aaneen toegepas is, gegewe die probleme by steenkoolkragstasies.

Nou word die bietjie reserwes wat al opgebou is, uitgeput deur die behoefte om die parlement van beurtkrag vry te stel.

Eskom sê ook die private sektor word ernstig geraak deur die versoek.

Eskom het groot nywerhede gevra om hul kragverbruik te staak sodat ’n oorskot tussen 12:00 en 17:00 beskikbaar is.

Eskom moet dié nywerhede vergoed omdat hulle produksie moet staak. Dis kos Eskom miljoene rande.

Fase 2-beurtkrag sal weer van Vrydag 17:00 tot Sondag 22:00 ingestel word.

Meer oor:  Eskom  |  Kragkrisis  |  Steenkoolkragstasies  |  Instandhouding  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Parlement  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.