Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag dié naweek? Eskom sal laat weet
Eskom sal eers Vrydagmiddag ’n aanduiding kan gee oor of daar dié naweek beurtkrag gaan wees. Foto: Reuters

Eskom kan nog glad nie sê of Suid-Afrikaners hulle moet regmaak vir beurtkrag die naweek nie.

Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van Eskom, het op navraag aan Netwerk24 bevestig dat die kragreus eers later Vrydagmiddag ’n aanduiding sal kan gee oor wat die stand van die kragnetwerk is.

Eskom het Vrydag vanaf 08:00 vir die tweede dag in ’n ry beurtkrag ingestel. Fase 2-beurtkrag sal tot 22:00 Vrydagaand geld. In Kaapstad sal fase 1-beurtkrag geld.

Die groot rede vir die nuwe vlaag beurtkrag is omdat kragstasies onverwags breek.

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het vroeër dié week gewaarsku dat die netwerk onder geweldige druk verkeer.

Hoewel hy aan die begin van die jaar gesê het dat Eskom hoop om dié winter nie vir meer as drie dae beurtkrag in te stel nie, het is dié doelwit lank reeds oorskry. Hy het in Julie vir ses dae agtereenvolgens beurtkrag moes instel.

Beurtkragskedules

Mense wat hul krag direk by Eskom koop, kan op die volgende plekke uitvind wat die beurtkragskedule is:

Mense wat hul krag by hul munisipaliteit koop, kan sosiale media volg óf op hul onderskeie munisipaliteitswebtuistes gaan kyk wanneer die krag gaan af wees.

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.