Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Dis al weer Kusile se skuld

Staal jou vir nog erger beurtkrag wat kom, sê Chris Yelland, besturende direkteur van EE Business Intelligence.

Eskom se Kusile-kragstasie. Foto: Elvira Wood

“Dit kan nog erger raak,” het hy Vrydag aan Netwerk24 gesê.

Yelland verduidelik dat die sowat 15 000 megawatt (MW) wat tans weens onvoorsiene foute nie beskikbaar is nie, beteken dat Eskom onder geweldige druk verkeer.

Al wat nou keer dat fase 6-beurtkrag nie ingestel word nie, is die verlaagde ekonomiese aktiwiteite weens die Covid-19-beperkings wat die vraag na krag verminder, maar volgens hom help dit ook net tot op ’n punt.

Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van Eskom, het aan Netwerk24 gesê die fout by die Kusile-steenkoolkragstasie se steenkoolvervoerband vandeesweek was die “laaste spyker in die doodskis” by Eskom.

Waar ander ouer kragstasies individuele vervoerbande vanaf ’n bergingsplek vir steenkool na elke individuele stoomketel het, het die Medupi- en die Kusile-kragstasie net een hoofvervoerband vanaf die nabygeleë steenkoolmyn met ’n rugsteunvervoerband ingeval die hoofvervoerband breek.

In ’n onderhoud met John Perlman op die radiostasie 702 Donderdag het Rhulani Mathebula, waarnemende hoof van opwekking by Eskom, gesê ’n 200 m lange stuk van die vervoerband by Kusile het gebreek. Weens ’n fout met die meganiese toestel het dit ook skade aan die toring aangerig.

Mathebula sê dit is nie ongewoon vir steenkoolvervoerbande om te breek nie, want foute in die meganiese toestelle kom gedurig voor, soos al dikwels in Medupi gebeur het.

Mantshantsha het wel aan Netwerk24 gesê dit is nie dat Medupi en Kusile s’n meer gereeld breek as ander stasies s’n nie – dit is omdat dit so ’n groot probleem is wanneer dié stasies se hoofvervoerband breek. Dit beteken die hele stasie moet afgeskakel word, wat tot ’n dienooreenkomstige massiewe verlies aan opwekkingsvermoë lei weens die grootte van hierdie stasies, en dit is hoekom ons daarvan hoor.

Kleiner stasies met hul individuele vervoerbande breek ook gereeld, sê Mantshantsha. Die verlies aan opwekkingsvermoë van een klein eenheid in ’n klein, ou kragstasie is egter nie noemenswaardig nie.

Die probleem is tans dat 900 MW van die Koeberg-kernkragsentrale tot Mei ook nie beskikbaar is nie.

Daarmee saam is derduisende MW se opwekkingsvermoë elders ook weens foute onbeskikbaar.

“Met Koeberg was daar reeds die gevaar van beurtkrag. Die verlies van Kusile se 1 600 MW van twee eenhede was die laaste strooi.”

Beurtkrag duur nog tot Sondag om 23:00, maar kan dalk verleng word of selfs na ’n hoër fase aangepas word, waarsku Eskom.

In Kaapstad is dit tussen 06:00 en 18:00 wel een fase laer as gevolg van die gebruik van die metro se eie reserwes.

Meer oor:  Eskom  |  Medupi  |  Kusile  |  Beurtkrag  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Kragnetwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.