Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag-status: Fase 1

Fase 1-beurtkrag het Donderdag om 09:00 begin en skuif later skuif na ’n hoër vlak.

Fase 1 sal duur tot 14:00.

Daarna skop fase 2-beurtkrag in tot 22:00.

Kaapstad het nie vanoggend beurtkrag nie, maar fase 1 sal om 14:00 begin.

In sy verklaring skryf Eskom die noodsaaklikheid vir beurtkrag toe aan die kouer weer oor die land heen en sê die vraag na elektrisiteit het Woensdag die hoogste vlakke nóg vanjaar bereik.

Die totale vraag na elektrisiteit Woensdagmiddag was 33 000 megawatt (MW). Eskom sukkel om enigiets meer as 31 000 MW te verskaf uit sy totale opwekkingsvermoë van sowat 47 000 MW.

Eskom sê al het hy ’n eenheid herstel wat by die Tutuka-kragstasie uitgeskakel het, het twee eenhede by Medupi en Kusile Woensdag onklaar geraak. Dit beteken ’n enorme tekort aan opwekkingsvermoë het ontstaan.

Waar Eskom deur die dag sy oopsiklus-gasturbines, of dieselopwekkers, inspan om beurtkrag tot fase 1 te beperk, word die vraag na krag net te groot in die piektyd saans vir die dieselopwekkers om by te bly. Diesel moet eerder gespaar word vir die volgende dag.

Eskom pleit by Suid-Afrikaners om minder elektrisiteit te verbruik ondanks die koue weer om te help om die kragnetwerk te stabiliseer.

Meer oor:  Eskom  |  Covid-19  |  Kragkrisis  |  Staat Van Inperking  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.