Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Donker naweek wag

Eskom sê in ’n verklaring op sosiale media hy gaan fase 2-beurtkrag van 23:00 Vrydagaand tot 23:00 Saterdagaand toepas.

Die kragvoorsiener se verduideliking vir dié drastiese stap is dat beurtkrag nodig is om verdere onderbrekings te voorkom en om kapasiteit op te bou sodat water-reservoirs aangevul kan word vir hul pompopgaarskemas.

Die kragnetwerk word geraak deur onbeplande gebeure wat die gebruik van diesel- en waterreserwes vir oop-gasturbines en pompopgaarskemas noodsaak. Eskom sê voorts dat die onophoudelike reën die hantering van steenkool by sommige kragstasies bemoeilik, wat ook daartoe lei dat opwekkingseenhede nie voldoende krag produseer nie.

Volgens Eskom is fase 4-beurtkrag nie ’n rede tot paniek onder Suid-Afrikaners nie, aangesien die kragnetwerk doeltreffend bestuur word.

Beurtkrag word ingestel om die kragnetwerk te beskerm en om te voorkom dat dit in duie stort. Eskom voer aan dat gedurende fase 4-beurtkrag daar steeds in sowat 80% van die land se elektrisiteitsaanvraag voorsien word.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.