Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag duur tot 21:00

Fase 2-beurtkrag is Donderdag van 16:00 tot 21:00 in werking gestel.

Eskom sê in ’n verklaring nog van sy opwekkingseenhede het toe wel onklaar geraak sedert die oggend se waarskuwing en hy moet dus noodgedwonge beurtkrag toepas om die kragnetwerk te beskerm.

’n Bykomende 1 153 megawatt (MW) se opwekkingsvermoë het onklaar geraak in die twee uur sedert die waarskuwing oor beurtkrag aanvanklik Donderdag uitgereik is.

Eskom sê ’n eenheid elk by die Medupi- en Tutuka-kragstasie het skielik onklaar geraak en die herstel van nog twee eenhede (een by Medupi en een by Tutuka) wat reeds onklaar was, is vertraag en het nie soos beplan weer Donderdag aanlyn gekom nie.

Volgens die nutsmaatskappy het die foute by sy kragstasies die kragnetwerk onder te veel druk geplaas om die ligte aan te hou. Die hoë vraag na krag weens die gure weer oor die land heen beteken daar is ’n net te groot kragbehoefte om in te voorsien.

Die kragverskaffer pleit by die publiek om asseblief kragverbruik vanaand te beperk, ondanks die koue.

Altesaam is 14 137 MW se opwekkingsvermoë tans weens foute onbeskikbaar – meer as ’n kwart van Eskom se totale opwekkingsvermoë. ’n Verdere 2 924 MW is onbeskikbaar weens beplande instandhouding.

Eskom het laas op 13 Junie beurtkrag toegepas.

Beurtkrag word Donderdag van 16:00 tot 21:00 toegepas.
Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.