Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag dreig weens gure weer

Kragonderbrekings en selfs beurtkrag dreig weens kouefronte wat na die Wes- en Oos-Kaap onderweg is.

Eskom waarsku dat die gure weer tot kragonderbrekings in dié twee provinsies gaan lei waar die fronte eerste gaan tref.

beurtkrag
Koue weer beteken dalk ’n kaggel en kerse is jou voorland oor die volgende paar dae.

Hy sê sy vermoë om foute weens die storm te herstel, sal vertraag word as gevolg van die weer, maar hy sal groot foute prioritiseer wat die meeste verbruikers raak.

In ’n afsonderlike verklaring waarsku Eskom egter dat nasionale beurtkrag dalk op die kaarte is weens die verwagte skerp toename in kragverbruik wat met die koue weer gepaard gaan. Die toename in die vraag na krag gaan “ernstige druk” op die kragnetwerk plaas, sê Eskom.

Dit lyk nie asof beurtkrag Dinsdag ingestel gaan word nie, maar “die situasie kan vinnig verander”.

Eskom het laas op 13 Junie beurtkrag toegepas danksy die feit dat sy kragnetwerk en opwekkingsvermoë noemenswaardig herstel het ná weke waarin dit uiters swak presteer het.

Eskom pleit dat Suid-Afrikaners hul kragverbruik so ver as moontlik te midde van die dreigende storms beperk sodat beurtkrag hopelik vermy kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.