Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag begin om 17:00, sê Eskom

Beurtkrag begin om 17:00.

Kraglyne en koeltorings van Eskom se Lethabo-steenkoolkragstasie naby Sasolburg. Foto: Reuters

Eskom het Dinsdagmiddag gesê dat hy noodgedwonge van 17:00 tot 22:00 fase 2-beurtkrag sal toepas om die kragnetwerk te stabiliseer.

Opwekkingseenhede by die Kusile- en Majuba-steenkoolkragstasie is nie soos beplan weer Dinsdag in diens geneem nie, wat die tekort aan opwekkingsvermoë vererger.

Eskom sê eenhede by ander steenkoolkragstasies het ook sedert Dinsdagoggend, toe hy nog net gewaarsku het oor die moontlikheid van beurtkrag, onklaar geraak.

Die hoeveelheid opwekkingsvermoë wat weens foute onbeskikbaar is, het in etlike ure met 1 263 megawatt (MW) gestyg van 14 235 MW tot ’n kolossale 15 498 MW.

Eskom waarsku dat die situasie met die kragnetwerk nie gou sal verbeter nie. Te midde van die hoë vraag na energie in die koue winteraande en met die enorme hoeveelheid opwekkingseenhede wat onklaar geraak het, sal daar waarskynlik heelweek beurtkrag toegepas word, hoofsaaklik tussen die ure van 17:00 en 22:00.

Eskom pleit intussen dat Suid-Afrikaners hul energieverbruik begin verminder sodat die toepassing van beurtkrag beperk kan word.

Meer oor:  Eskom  |  Kragkrisis  |  Steenkoolkragstasies  |  Instandhouding  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.