Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Eskom dink (en hoop) die ligte bly aan

In die nutsmaatskappy se jongste verklaring oor die toestand van die kragnetwerk sê hy daar is maar min verbetering, maar beurtkrag word nie Donderdag verwag nie.

Eskom bly bekommerd oor die kragnetwerk. Foto: Unsplash

Eskom sê nou die verlies aan opwekkingskapasiteit het tot 10 500 megawatt gedaal, maar dis steeds ver bo die veiligheidsmarge wat sy noodstelsels kan hanteer.

“Herstelwerk is aan die gang om eenhede wat onklaar geraak het, spoedig weer op dreef te kry en om noodreserwes so gou as moontlik weer aan te vul,” sê Eskom.

Hy bieg wel dat beurtkrag steeds onverwags toegepas kan word indien “enigiets verander”.

Die kragvoorsiener verduidelik hy sal alles in sy vermoë doen om beurtkrag óf te probeer vermy óf dit te probeer “minimaliseer” indien die druk op die kragnetwerk verder agteruit boer.

Eskom se instandhouding van steenkoolkragsentrales het ’n korttermyn-fokus weens ’n tekort aan opwekkingsvermoë. Om instandhouding op enigiets anders as ’n reaksionêre of op ’n “korttermyn”-grondslag te benader, is nie moontlik sonder dat te veel opwekkingskapasiteit afgeskakel moet word om die ligte aan te hou nie.

Jabu Mabuza, waarnemende uitvoerende hoof en voorsitter van Eskom, het in Oktober self gebieg dat met die veroudering en erge beperktheid van Eskom se steenkoolkragsentrales kan instandhoudingswerk vir die voorsienbare toekoms maar net op kort termyn beplan word. Daar is nie eintlik ’n ander manier nie, het hy verduidelik.

Eskom het vroeër vandeesweek gesê hy verwag meer kragsentrales se eenhede sal weer herstel word teen Donderdag. Indien dit wel gebeur, kan die druk op die stelsel verlaag tot binne die veiligheidsmarge waar peperduur noodstelsels nie meer al is wat die ligte aanhou nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.