Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Eskom hou ligte aan op Valentynsdag

Die enigste rede hoekom jy Vrydagaand kerse nodig gaan hê, is om ’n romantiese atmosfeer vir jou en jou Valentyn te skep.

Eskom sê hy beplan Vrydag vir die derde opeenvolgende dag geen beurtkrag nie.

Hy het Donderdagaand in ’n verklaring kort voordat pres. Cyril Ramaphosa sy staatsrede in die parlement sou lewer, wel gesê hy het teen laatmiddag weens onbeplande onderbrekings 10 494 MW se opwekkingsvermoë verloor. Hy het egter voldoende opwekkingsvermoë om die ligte aan te hou.

Ondanks die vordering wat Eskom dié week gemaak het om beurtkrag te beperk, maan hy egter dat hy dit oor die volgende 18 maande waarskynlik wel gereeld sal moet instel.


Meer oor:  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.