Kort nadat Eskom Saterdag bekend gemaak het dat fase 3-beurtkrag ingestel word, is dit verhoog na fase 4 op die skedule.
Fase 4-beurtkrag sal vanaf 12:00 in werking wees vir die res vandie dag.
Suid-Afrikaners kan regmaak vir strawwe beurtkrag nadat Eskom Saterdagoggend bekend gemaak het dat hy fase drie van sy beurtkragskedule in werking stel.
Volgens ’n mediaverklaring is kragverlies by sekere kragstasies, asook die vermindering van krag wat uit Mosambiek ingevoer word daarvoor verantwoordelik.
Fase twee-beurtkrag is reeds Vrydag vir die naweek aangekondig, wat meestal sou beteken dat elke gebied twee keer vir twee en ’n halfuur sonder krag sal wees.
Met fase drie gaan die meeste mense nou drie keer vir twee en ’n halfuur elke sonder krag wees.