Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Fase 1 geld die hele Saterdag

Eskom het Vrydagaand bevestig dat fase 1-beurtkrag Saterdag van 09:00 tot 23:00 in werking gestel word.

Die kragreus het so onlangs as Donderdagaand belowe om die beurtkrag die naweek te beperk ná drie dae van voortslepende kragonderbrekings.

In jou streek
Kyk na beurtkragskedules by hierdie webwerf: loadshedding.eskom.co.za

Dikatso Mothae, Eskom se woordvoerder, het egter aan Netwerk24 gesê beurtkrag is Saterdag onvermydelik.

“Die stelsel is steeds wisselvallig en ons sal fase 1-beurtkrag hê.”

Goeie nuus is dat Eskom in dié stadium nie beurtkrag vir Sondag verwag nie, tensy die kragnetwerk weer verswak. Die Springbokke takel Japan om 12:15 in die laaste van die vier kwarteindstryde van die Wêreldbekertoernooi.

Mothae het mense aangeraai om voorsorg te tref.

Eskom het Suid-Afrikaners Woensdag onkant betrap toe hy aankondig fase 2-beurtkrag word ingestel. Probleme by die Medupi-kragstasie het bygedra tot die jongste kragonderbrekings, die eerste beurtkrag sedert Maart.

 *

10:30

Die kragreus weet nog nie wat die moontlikheid van beurtkrag sal wees wanneer die Springbokke Japan Sondag aandurf nie.

Lees: Eskom 'skrum' nog oor beurtkrag Sondag.

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.