Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Fase 2 geld van 14:00
Fase 1-beurtkrag sal Woensdag om 09:00 ingestel word.Foto: Unsplash

Suid-Afrikaners is steeds nie ontslae van beurtkrag nie.

Eskom het Dinsdag in ’n verklaring gesê fase 1-beurtkrag word van 09:00 tot 22:00 ingestel. Woensdag vroegmiddag het die kragvoorsiener egter laat weet dat fase 2-beurtkrag van 14:00 gaan geld weens 'n tekort aan opwekkingsvermoë.

Die kragmaatskappy het vroegdag gesê hy kon eenheid 2 by die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad weer met die netwerk sinchroniseer, terwyl ’n eenheid elk by die Majuba- en Medupi-kragstasie ook weer in bedryf gestel is.

Die koue weer het egter die vraag na krag laat verhoog, wat fase 2-beurtkrag van 14:00 tot 22:00 noodsaak.

Dit is nou die sesde opeenvolgende dag dat Eskom beurtkrag instel en dus meer as die beloofde drie dae wat Eskom in Junie gesê het “dalk” ingestel sal moet word.

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het Dinsdag aan EWN gesê dat hy nooit belowe het dat daar nie meer as drie dae beurtkrag gedurende die winter sou wees nie.

Hy het vir die nuusdiens gesê hy is wel teleurgesteld dat beurtkrag weer ingestel moes word.

“As ek ’n towerstaffie kon swaai om die stelsel reg te maak, sou ek dit doen, maar ek kan nie binne ses maande 13 jaar se probleme regmaak nie.”

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.