Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Fase 2 tot 23:00 vanaand

Eskom het pas aangekondig hy moet noodgedwonge beurtkrag instel vanaf 16:00 vanmiddag tot 23:00 weens 'n gebrek aan opwekkingskapasiteit. 

Beurtkrag is laas in Oktober ingestel. 

Eskom het Donderdagmiddag gesê hy het 12 300MW se opwekkingskapasiteit verloor en sy "noodplanne" is nie in staat om aan die tekort te voorsien nie.

Eskom kan hoogstens 10 500MW se opwekkingskapasiteit verloor; enigiets meer noodsaak dat beurtkrag ingestel word om die kragnetwerk te beskerm.

Die kragreus waarsku die afgelope paar weke byna daagliks oor "druk" op sy netwerk en dat beurtkrag sonder waarskuwing ingestel kan word.  

  • Mense wat hul elektrisiteit regstreeks by Eskom kry, kan die beurtkragskedule op Eskom se webtuiste of meerinligting by 0860 037 566 kry.
  • Mense wat hul elektrisiteit by hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir skedulesbesoek.

Meer oor:  Eskom  |  Kragvoorsiening  |  Beurtkrag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.