Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Fase 1-beurtkrag geld nou tot later vanaand

Fase 2-beurtkrag het weer Vrydagoggend om 09:00 in werking getree, maar is later na fase 1 afgegradeer.

Fase 2-beurtkrag het Donderdagaand om 23:00 ook na fase 1 oorgeskakel. Eskom het nie Vrydagmiddag aangedui tot wanneer fase 1-beurkrag gaan geld nie. 

Eskom sê in sy jongste verklaring die stelsel is steeds kwesbaar.

Hoewel die kragnetwerk eenhede herstel soos geskeduleer, het hulle ook bykomende werkende eenhede Donderdag verloor.

“Beurtkrag is noodsaaklik deur die nag en die hele dag Vrydag om verdere kortsluitings te voorkom en waterreserwes te kan pomp.”

Die doel is om beplande kragonderbrekings te verminder tot 9 500 MW om beurtkrag volgende week te minimaliseer en te staak.

“Ongeag die fase, wil ons ons klante daaraan herinner dat die beurtkrag geen rede tot paniek is nie aangesien die stelsel suksesvol beheer word.”

Meer oor:  Beurtkrag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.