Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Fase 3-beurtkrag van 08:00 tot 23:00

Fase 3-beurtkrag gaan Dinsdag van 08:00 tot 23:00 ingestel word.

Wanneer Fase 3-beurtkrag ingestel word beteken dit Eskom moet 3 000 MW se elektrisiteit van die kragnetwerk haal. 

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het dié nuus kort ná 06:00 op Twitter gedeel.

Dit beteken Suid-Afrika gaan nóg ’n dag ervaar waarin die krag in groot dele van die land gaan af wees.

Fase 4-beurtkrag is Maandag vir die eerste keer in ’n baie lang tyd ingestel.

Luidens ’n verklaring deur Eskom se raad het sewe eenhede binne ’n kwessie van vyf uur afgeslaan, wat die inwerkingstelling van fase 4-beurtkrag genoodsaak het om druk op die nasionale netwerk te verlig.

Eskom het aanvanklik slegs beplan om Maandag fase 2-beurtkrag in te stel weens ’n tekort aan opwekkingsvermoë en ’n tekort aan diesel oor die naweek.

Vroeg Dinsdagoggend was die ligte wel aan, maar daar was nog geen nuus van Eskom oor of die oorblywende eenhede waarmee Maandagaand nog probleme ondervind is oornag weer aan die gang gekry is nie.

  • Mense wat hul elektrisiteit regstreeks van Eskom kry, kan na die beurtkragrooster op Eskom se webtuiste kyk of 0860 037 566 vir meer inligting skakel.
  • Mense wat hul elektrisiteit van hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir die rooster besoek.
eskom
Meer oor:  Eskom  |  Khulu Phasiwe  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.