Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Fase 2 tree 23:00 in werking

21:03

Fase 2-beurtkrag sal vanaf 23:00 Vrydagaand tot 23:00 Saterdagaand geld wanneer fase 4, wat Vrydagmiddag ingestel is, ten einde loop, het Eskom Vrydagaand bekend gemaak.


’n Woordvoerder van Eskom het aan Fin24 bevestig dat fase 4-beurtkrag van 14:00 Vrydagmiddag af gaan geld. 

Onder fase 4-beurtkrag kan Eskom tot 4 000 MW, oftewel 10% van sy nominale kapasiteit, sny om te keer dat sy kragnetwerk ineenstort. 

"Die vooruitsig vir eers is dat ons fase 4-beurtkrag tussen 14:00 Vrydagmiddag en 06:00 Saterdagoggend gaan instel.

"As enigiets verander, sal Eskom sy kliënte inlig," het Nto Rikhotso, woordvoerder, gesê. 

Dit volg nadat die maatskappy Donderdagmiddag skielik weer beurtkrag moes instel weens ’n gebrek aan opwekkingsvermoë. Fase 2-beurtkrag is aanvanklik vanaf 16:00 Donderdagmiddag tot 23:00 die aand ingestel, maar dit het voortgeduur tot 05:00 Vrydagoggend. 

Eskom het vroegoggend weer aangedui hy moet Vrydag weer beurtkrag instel, maar aanvanklik net in fase 2. 

Volgens die nutsmaatskappy is sy steenkoolreserwes nat weens die volgehoue reën in Mpumalanga en veroorsaak dit dat die steenkool moeiliker brand. 

Meer oor:  Eskom  |  Kragvoorsiening  |  Beurtkrag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.