Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag geld minstens tot einde Februarie

Hoewel Eskom oornag 859 MW se opwekkingsvermoë tot die nasionale kragnetwerk kon voeg, bly fase 1-beurtkrag Dinsdag van krag.

Volgens Eskom se jongste verslag oor die stand van sy netwerk gaan hy tot minstens die einde van Februarie ’n ernstige tekort aan opwekkingsvermoë ervaar.

Sy totale gebrek aan opwekkingsvermoë weens dringende instandhouding of ander foute is steeds meer as 11 000 MW. Maandagaand was dit bykans 11 900 MW.

In sy gebruiklike daaglikse verklaring oor die stand van die kragnetwerk, sê Eskom hy ervaar steeds ’n ernstige tekort aan opwekkingsvermoë en dat voorraad by sy noodopwekkingseenhede nog nie voldoende opgevul is nie.

Dit sluit in diesel vir sy twee groot dieselkragopwekkers, die een naby Atlantis buite Kaapstad en die ander naby Mosselbaai in die Suid-Kaap. Dié eenhede en sy pompopgaarskemas moes Maandag help om aan die vraag vir elektrisiteit te voldoen.

“Kritieke instandhoudingswerk” word steeds uitgevoer aan sy “verouderde kragopwekkers”, sê Eskom. Die proses sal na verwagting 18 maande duur voordat dit afgehandel is. Tot dan bly beurtkrag daagliks ’n moontlikheid.

Volgens Eskom se jongste verslag oor die stand van sy netwerk gaan hy tot minstens die einde van Februarie ’n ernstige tekort aan opwekkingsvermoë ervaar wat beteken beurtkrag sal waarskynlik nie voor dan opgeskort word nie.

Aan die einde van Maart lyk die vooruitsig eweneens mistroostig met die verwagte vraag na elektrisiteit wat dan heelwat hoër raak as wat Eskom sal kan voorsien. In die week van 30 Maart verwag Eskom die vraag na elektrisiteit om 31 260 MW te wees en dat hy net 29 470 MW daarvan sal kan lewer. Dit beteken daar sal ’n tekort van minstens 1 790 MW wees wat fase 2- of selfs fase 3-beurtkrag waarskynlik sal nodig maak.

Vanaf April lyk die vooruitsig ietwat beter met die verwagte tekort aan opwekkingsvermoë wat dan onder 1 000 MW geskat word.

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Kragnetwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.