SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Ligte gaan Maandag af wees
Daar is ’n groot kans dat beurtkrag dié week weer Suid-Afrikaners se lewe moeilik gaan maak.

Eskom gaan Maandag van 09:00 tot 22:00 Fase 2 beurtkrag instel.

Dit volg nadat Eskom Sondag vir die eerste keer in 2019 weer beurtkrag begin toepas het.

Fase 2-beurtkrag is Sondag tot 22:00 ingestel.

Lees ook: Dís waarom beurtkrag skielik weer ingestel is

Khulu Phasiwe, woordvoerder vir Eskom, het Sondag op Twitter gewaarsku dat dié week met beurtkrag kan begin.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Sondag in reaksie op Eskom se besluit om beurtkrag toe te pas aan Netwerk24 gesê hy beplan om “binne die volgende 24 uur” met Eskom se bestuur en direksie te vergader oor stappe om groter sekerheid aan Suid-Afrikaners oor kragverskaffing te gee.

  • Mense wat hul elektrisiteit direk by Eskom kry, kan die beurtkragskedule op Eskom se webtuiste kry of 0860 037 566 bel vir meer inligting.
  • Mense wat hul elektrisiteit by hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir skedules besoek.
Meer oor:  Eskom  |  Pravin Gordhan  |  Khulu Phasiwe  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.