Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kaap van Storms lei tot kragprobleme

Sterk wind en reën wat Donderdagmiddag uitgesak het, het tot kragonderbrekings in dele van die Wes-Kaap gelei.

Eskom sê hy werk hard om die kragtoevoer te herstel. 

Daar is ’n groot kans Donderdag, en die res van die naweek, dat Eskom weer beurtkrag gaan moet instel.Foto: Unsplash

Dié onderbrekings is nog nie die dreigende beurtkrag waaroor baie mense begin naels kou nie.

Eskom het vroegoggend gewaarsku dat daar ’n “groot kans van beurtkrag is gedurende die aandspitstyd” van 17:00 tot 21:00.

Hoewel dieselfde waarskuwing ook Woensdag uitgestuur is, is daar nou méér opwekkingseenhede wat nie werk nie.

As beurtkrag toeslaan, sal dit die eerste keer sedert 15 Maart wees.

Die kragreus sê een eenheid van die Tutuka-kragstasie het uitgeskop, terwyl nog een van die netwerk afgehaal is.

’n Eenheid by die Lethabo-kragstasie lewer ook tans nie krag nie.

Boonop is daar vertragings om ’n eenheid elk by die Duvha- en die Kendal-kragstasie weer op dreef te kry.

Eskom waarsku dat enige verdere probleme hom onder druk gaan plaas om genoeg elektrisiteit te kan opwek wanneer die vraag vroegaand begin styg.

Eskom waarsku al etlike dae dat hy probleme by sy kragstasies ervaar en dat daar ’n kans is dat hy weer beurtkrag gaan moet instel.

Die nuus dat baie Suid-Afrikaners sonder elektrisiteit kan sit, kom juis net wanneer ’n groot kouefront oor die land swiep. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het vroeër die week gewaarsku dat ysige weer op pad is.

Ligte sneeu kan oor die hoë bergreekse van die Wes-Kaap voorkom, terwyl daar verwag word dat die kwik in Gauteng tot na aan 0°C oornag kan daal.

Eskom waarsku dat die druk tot in die naweek sal voortduur.


Meer oor:  Beurtkrag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.