Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom herhaal: Beurtkrag hier tot Sondag

As jy planne vir die naweek het en nie ’n kragopwekker het nie, moet jy seker maak jy het nie elektrisiteit daarvoor nodig nie.

Hou maar die kerse gereed. Beurtkrag duur tot Sondag.Foto: Pixabay

Eskom het Vrydagoggend herhaal dat fase 2-beurtkrag tot Sondag om 06:00 sal duur.

’n Baie hoë 16 638 MW se opwekkingsvermoë was teen Vrydag 06:40 van die netwerk af. Daarvan was 11 562 MW weens onbeplande foute en 5 076 MW weens beplande instandhoudingswerk.

Eskom sê drie opwekkingseenhede wat gebreek het, behoort vandag weer aanlyn te kom, maar twee ander het oornag gebreek.

Dit nutsmaatskappy sê hy gebruik reeds sy noodkragreserwes. Hy gaan Saterdag juis beurtkrag toepas om dié reserwes aan te vul.

Eskom vra dat Suid-Afrikaners krag spaarsaam gebruik. Die waarskuwing dat beurtkrag nog 18 maande kan duur, is ook herhaal.

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.