Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag hier vir die week
Beurtkrag gaan vir die res van die week Suid-Afrika in donkerte hul. Foto: Unsplash

Suid-Afrikaners gaan vir die res van die week met kerse, kragopwekkers en gasstowe moet klaarkom.

Eskom het Dinsdag gewaarsku die kanse vir beurtkrag sal vir die res van die week hoog bly.

Dit is hoofsaaklik weens die swaar reën en probleme wat Eskom by sy kragstasies ervaar. Eskom se noodreaksie-beheersentrum fokus daarop om beurtkrag teen volgende week te verminder en te stop, het Eskom in 'n verklaring gesê.

Eskom het reeds bevestig dat fase 4-beurtkrag tot 23:00 Dinsdag van toepassing sal wees.

Dit kom nadat hy skielik fase 6-beurtkrag van 18:00 tot 22:00 Maandagaand ingestel het.

Eskom sê vordering is gemaak om steenkoolhantering by die Medupi-kragstasie by Lephalale in Limpopo te verbeter, maar daar was teen kort voor sesuur Dinsdagoggend steends 15 200 MW se kragkapasiteit buite werking.


Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.