Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Hierdie ronde kán ekonomie erg knou

Die onderbrekings wat veroorsaak word deur die beurtkrag wat die naweek begin het, sal ’n nadelige uitwerking hê op die koste wat kleinsakeondernemings in verskeie sektore moet dra, het verteenwoordigers in die bedryf en ontleders Maandag gesê.

Foto ter illustrasie.

“Beurtkrag is baie duur, nie net vir Eskom nie, want ons kan nie soveel elektrisiteit verkoop soos wat ons wou nie, maar ook vir die land,” het Khulu Pashiwe, woordvoerder van Eskom, gesê.

Hy het gesê talle maatskappye wat krag gebruik sal hul bedryfsure moet inkort.

Nicol Jansen, voorsitter van Agri SA se sentrum vir uitnemendheid in ekonomie en handel, het gister ook dié landbou-organisasie se kommer oor die negatiewe uitwerking op die landbousektor en die breër waardeketting uitgespreek.

“Beurtkrag sal ’n impak hê op bedrywe wat van besproeiing afhanklik is en wat energie-intensief is soos tuinbou, suiwel, pluimvee, graan en agro-verwerking.

“Die negatiewe invloed raak produsente sowel as verbruikers omdat dié subsektore ’n belangrike rol in Suid-Afrika se voedselsekerheid speel. Meer as 25% van die land se kos word onder besproeiing geproduseer, asook deur energie-intensiewe-bedrywe.”

Volgens Jansen het Agri SA op 22 Januarie met Eskom vergader om die negatiewe uitwerking van beurtkrag op die landbousektor te verlig.

“In die konteks van voedselsekerheid is Eskom versoek om die landbousektor van fase 1-beurtkrag uit te sluit. Eskom het egter aangedui dat dit nie moontlik sal wees nie aangesien dié sektor nie deur ’n toegewyde landbounetwerk gediens word nie en dat ander belanghebbendes op dieselfde wyse deur beurtkrag geraak word,” sê Jansen.

Beurtkrag sal ’n impak hê op bedrywe wat van besproeiing afhanklik is.

Paul Makube, senior landbouekonoom by FNB het aan Fin24 gesê ervaring het getoon dat beurtkrag teen ’n prys kom vir boere, aangesien hulle voorsiening daarvoor moet maak om kragopwekkers te gebruik om aan die gang te bly.

“Boere mag dalk druk ervaar as die koste om hul werksaamhede aan die gang te hou toeneem,” het Makube gesê. “As dit lank aanhou, sal dit uiteindelik duurder voedselproduksie tot gevolg hê. Dit sal weer na die verbruiker deursyfer en uiteindelik voedselinflasie opjaag,” het Makube gesê.

Marique Kruger, ’n ekonoom van die Staal- en Ingenieursnywerhedefederasie van Suider Afrika (Seifsa) sê elektrisiteit maak 2% (of R9,3 miljard) van yster- en staalprodukte se insetkoste uit.

“Beurtkrag kom op ’n tyd wat die metaal- en ingenieurssektor begin stabiliseer het. Beurtkrag kan die mededingendheid van die sektor beïnvloed en die vooruitgang wat gemaak is, laat omkeer”.

Fase 4-beurkrag is inderdaad baie ernstig en sal ’n uitwerking op handel en nywerheid hê.

Shaun Nel, woordvoerder van die van die Energie-intensiewe Gebruikersgroep van Suid-Afrika, wie se lede Sasol, Mondi, Sibanye-Stillwater en Anglo American insluit, het gewaarsku dat beurkrag tot gevolg sal hê dat smeltaanlegte sal moet toemaak.

“Beurkrag, of die gebrek aan krag, laat verskeie ondernemings hul smeltbedrywighede heroorweeg,” het Nel gesê.

Janine Myburgh, president van die Kaapse Kamer van Koophandel, het ook in ’n verklaring gewaarsku oor die impak wat beurtkrag op werksgeleenthede en belegging sal hê.

“Fase 4-beurkrag is inderdaad baie ernstig en sal ’n uitwerking op handel en nywerheid hê.

“Dit sal ook die werk van ander werkers, ook die in swaar nywerhede beïnvloed, en dis tyd dat werkers wie se werk in die gedrang is ook hul stemme laat hoor.

“Ek kan sien dat buitelandse beleggers wegdraai en elders soek vir beleggingsgeleenthede.” -

Meer oor:  Eskom  |  Ekonomie  |  Beurtkrag  |  Bedrywe  |  Werknemings  |  Landbou  |  Knou Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.