Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Hou maar die kerse byderhand

Suid-Afrikaners moet Vrydag maar die kerse byderhand hou.

Eskom waarsku dat hoewel hy nie Donderdag beurtkrag ingestel het nie, is daar Vrydag steeds ’n kans vir fase 1-beurtkrag.

Die ligte is nie Donderdag afgeskakel nie want “aanvraag was laer as verwag”.

Eskom waarsku steeds dat daar gedurende die kouer wintermaande ’n kans is dat hy beurtkrag gaan moet instel.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het egter onlangs onderneem dat niks meer as fase 1-beurtkrag ingestel sal word nie.

Daar is dus ’n skraal kans dat Suid-Afrikaners weer vir ure op ’n dag sonder krag kan sit soos in Maart waar fase 4-beurtkrag hoogty gevier het.

  • Mense wat hul elektrisiteit regstreeks by Eskom kry, kan die beurtkragskedule op Eskom se webtuiste of meer inligting by 0860 037 566 kry.
  • Mense wat hul elektrisiteit by hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir skedules besoek
Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.