Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Dís die redes waarom beurtkrag terug is

Te min diesel, vyf opwekkingseenhede wat nie aanlyn is nie weens lekkasies in ketelbuise en 'n steenkool-vervoerband wat gebreek het, is hoekom Suid-Afrikaners vandag weer in die donker gaan sit. Dis die eerste keer sedert Maart dat beurtkrag in werking gestel word.

Eskom het sedert 09:00 fase-2 beurtkrag ingestel aangesien al dié probleme sy 10 500 MW-limiet vir onbeplande onderbrekings oorskry het. Beurtkrag sal tot 23:00 geld.

Dit beteken dat duisende matrieks wat Donderdag hul eerste vraestel skryf in vanjaar se matriekeindeksamen, sal by kerslig of met die gedruis van opwekkers in die agtergrond daarvoor moet studeer.

Die eksamen begin Donderdag met vraestel een van rekenaartoepassingstegnologie. 

Luidens die departement van basiese onderwys het meer as 600 000 leerlinge vanjaar vir die eksamen geregistreer. Die meeste van hulle sal oor minder as 'n week moet gereed wees om hul eerste Engelsvraestel te skryf.

Die kragreus het vroegoggend in 'n twiet gewaarsku dat hy weer beurtkrag gaan instel. Hy het kort nadat die ligte begin afgaan het, sy redes vir dié besluit gegee.

Die vervoerband wat Saterdag reeds gebreek het, vervoer steenkool na die nuwe Medupi-kragstasie. Eskom sê dit het veroorsaak dat dié kragstasie net sowat helfte van die krag kan opwek as waartoe hy in staat is.

Eskom het die naweek reeds sy dieselopwekkers en pompopgaarskemas gebruik om krag mee op te wek.

“Ons vra onvoorwaardelik om verskoning teenoor alle Suid-Afrikaners vir die negatiewe invloed wat dit op hulle kan hê,” lui die verklaring.

Eskom dui glad nie aan of beurtkrag later die week weer ingestel gaan word nie.

Natasha Mazzone, DA-LP, vra Woensdagoggend hoekom Eskom juis nou besluit het om beurtkrag in te stel. 

Dit volg nadat Eskom in September beweringe deur Mazzone heftig ontken het toe sy gesê het dié party het glo “betroubare inligting” gekry het dat munisipaliteite gewaarsku is oor die groot moontlikheid van kragonderbrekings in September en Oktober. 

"Die DA sal nooit 'n verklaring maak oor beurtkrag nie tensy ons 100% seker is van die egtheid nie," sê sy in 'n WhatsApp aan Netwerk24.

"Eskom hou die grootste bedreiging vir die ekonomie van ons land in. Ons kan nie die feit ignoreer dat beurtkrag juis nou, net wanneer 'n bewillingslening bespreek word en Eskom die Nasionale Energiereguleerder hof toe neem oor verhogings in kragtariewe, ingestel word nie.

"Word ons as Suid-Afrikaners as pionne gebruik in 'n spel wat Eskom tot sy eie voordeel speel? Dit is wat nou gevra moet word," sê sy.

Mazzonne het die brief wat Jabu Mabuza, waarnemende uitvoerende hoof en voorsitter van Eskom, op 20 September aan haar gestuur het waarin hy sê geen beurtkrag word beplan nie, aan Netwerk24 gestuur. 

Lees dit hieronder.


  • Mense wat hul elektrisiteit regstreeks by Eskom kry, kan die beurtkragskedule op Eskom se webtuiste of meerinligting by 0860 037 566 kry.
  • Mense wat hul elektrisiteit by hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir skedulesbesoek
Meer oor:  Beurtkrag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.