Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Jhb kry dalk gou verligting

Eskom onderhandel met City Power om die tydsduur van beurtkrag in Johannesburg te verkort.

eskom
Beurtkrag van meer as vier uur is dalk binnekort iets van die verlede vir Johannesburgers. Foto: Sarel van der Walt

In ’n twiet Maandag sê die kragverskaffer weens die “interafhanklikheid” van Eskom en City Power is beurtkrag in Johannesburg nog altyd vier uur op ’n slag toegepas.

Elders in Suid-Afrika word beurtkrag gewoonlik net vir twee tot twee en ’n half uur op ’n slag toegepas.

Johannesburg se ontwrigtende vier tot vier en ’n half uur het talle ondernemings onder groot druk geplaas weens die groot aantal werkure wat verlore gaan wanneer beurtkrag toegepas word.

Nou reken Eskom hy het dalk ’n oplossing. Eskom sê hy sal waarskynlik later vandeesweek kan sê of beurtkrag in Johannesburg ook nou tot slegs twee uur beperk sal kan word.

Geen verdere besonderhede is gegee nie.

Meer oor:  Eskom  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Beurgkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.