Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Kaapstad nie so swaar getref

Kaapstad sal nie die volle impak van Eskom se fase 2-beurtkrag Woensdag voel nie.

Tafelberg in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Die Stad Kaapstad sê op sy Facebook-blad dat hy slegs fase 1-beurtkrag sal toepas.

Dit kom terwyl die res van die land ingelig is dat Eskom fase 2-beurtkrag in werking moes stel om ’n “ineenstorting van die nasionale kragnetwerk” te vermy.

Fase 1-beurtkrag behels dat gebruikers wat geraak word slegs vir ongeveer 2,5 ure per dag sonder elektrisiteit sal sit.

Met fase 2-beurtkrag is dit vier ure (nie altyd aaneenlopend nie; dit wissel van munisipaliteit tot munispaliteit).

  • Mense wat hul elektrisiteit regstreeks by Eskom kry, kan die beurtkragskedule op Eskom se webtuiste of meer inligting by 0860 037 566 kry.
  • Mense wat hul elektrisiteit by hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir skedules besoek.
Meer oor:  Eskom  |  Kaapstad  |  Kragkrisis  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.