Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Fase 1-beurtkrag Vrydag ingestel
Beurtkrag gaan moontlik Vrydag vir ’n sewende agtereenvolgende dag ingestel word.

Eskom het om 08:00 bevestig fase 1-beurtkrag word Vrydag van 09:00 tot 22:00 ingestel.

Dit volg na fase 2-beurtkrag die afgelope ses dae Suid-Afrikaners die mure uit gedryf het.

Khulu Phasiwe, Eskom-woordvoerder, het verlede week via Twitter beklemtoon die huidige beurtkrag is nie weens steenkooltekorte nie, maar lae dieselvoorraad, lae damvlakke by sy pompopgaarskemas en eenhede by steenkoolkragstasies wat breek.

Eskom probeer tans oor naweke sy dieselvoorraad aanvul en damvlakke by pompopgaarskemas herstel om die risiko van ernstiger beurtkrag in die week te verlaag. Dit plaas die kragnetwerk onder ekstra druk, wat gewoonlik oor naweke glad nie swaar gelaai is nie omdat die meeste fabrieke gesluit is. Mense kan voortaan dus meer beurtkrag oor naweke verwag.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Donderdag op ’n mediakonferensie by Eskom se hoofkantoor in Sunninghill, Johannesburg, gesê daar word hard gewerk om die probleem hopelik voor Kersfees op te los. Hy het egter gewaarsku dat dit tyd gaan neem om Eskom weer behoorlik op dreef te kry.

“Hierdie krisis van die laaste tien dae het nie oornag ontstaan nie. Dit kom al oor ’n tydperk van tien jaar aan,” sê Gordhan.

“Ons verstaan dat die kragonderbrekings die publiek irriteer.”

Hy sê hy het ook begrip daarvoor dat mense bekommerd is.

Van die kernoorsake vir beurtkrag is volgens Gordhan:

  • Gebrekkige en onvoldoende instandhouding by kragstasies;
  • Te veel onbeplande onderbrekings vind plaas;
  • Te min geld is vir behoorlike instandhoudingswerk begroot;
  • Produksie neem af weens gebrekkige instandhouding;
  • Die stakings in Junie vanjaar het ook ’n wesenlike impak gehad;
  • Die heersende probleme kan deels ook voor die deur van Eskom en sy kontrakwerkers gelê word, want Eskom het nie genoeg aandag aan kontrakwerkers geskenk nie; en
  • Die Medupi-kragstasie lewer nie die beplande hoeveelheid krag waarvoor dit gebou is nie.

As jy onseker is oor of jou ligte gaan afgaan, kyk hier:

  • Mense wat hul elektrisiteit direk by Eskom kry, kan die beurtkragskedule op Eskom se webtuiste kry of 0860 037 566 bel vir meer inligting.
  • Mense wat hul elektrisiteit by hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir skedules besoek.
Meer oor:  Eskom  |  Pravin Gordhan  |  Phakamani Hadebe  |  Khulu Phasiwe  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.