Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: ligte bly Donderdag aan

Eskom het Woensdagmiddag aangekondig dat hy nie verwag dat hy Donderdag beurtkrag hoef toe te pas nie.

Suid-Afrika se ligte gaan Donderdag vir 'n tweede dag aan bly. Foto: Pixabay

Hy sê in sy jongste verklaring dat aansienlike vordering gemaak is om die steenkoolkragsentrale wat onklaar geraak het, weer aanlyn te kry.

Waar die hoeveelheid opwekkingsvermoë wat weens onverwagte foute virmeeste van die week die grootste deel van die week by naastenby 12 000 megawatts (MW) gedobber het, het dit teen Woensdag omstreeks 15:50 tot slegs 10 086 MW verbeter.

Eskom waarsku dat die kragnetwerk steeds kwesbaar is en dat hy tans nie meer as een dag se vooruitsig vir beurtkrag kan deel nie.

Indien iets groots onverwags sou skeefloop, kan beurtkrag egter steeds op kort kennisgewing toegepas word.

Eskom se noodreserwes van sowel diesel vir sy oopsiklusgasturbines en water in sy pompopgaarskemas blyk genoegsaam vir enige klein agteruitgang van sy steenkoolkragsentrale te wees.

Meer oor:  Eskom  |  Kragkrisis  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.