Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Ligte bly Maandag aan, maar...

Eskom gaan nié Maandag beurtkrag instel nie.

Die nutsmaatskappy het vroegoggend in ’n verklaring gesê dat hy voorlopig die ligte gaan aanhou ondanks die feit dat hy om 05:50 Maandagoggend 9 869 MW se opwekkingsvermoë verloor het weens kragstasies wat gebreek het. ’n Verdere 5 486 MW se opwekkingsvermoë is van lyn af weens beplande instandhouding.

Eskom waarsku egter sedert Sondagaand toe hy besluit het om fase 2-beurtkrag op te hef, dat net omdat hy die land se ligte vir eers kan aan hou, dit nie beteken hy kan nie op kort kennisgewing beurtkrag instel nie.

Hy sê beurtkrag wat oor die naweek ingestel is, het hom veral gehelp om sy noodkragreserwes – veral diesel – aan te vul.

Eskom herinner Suid-Afrikaners verder daaraan dat hy vir die volgende 18 maande gereeld beurtkrag gaan moet instel terwyl hy probleme by kragsentrales uitsorteer.


Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.