Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Ligte gaan wéér af, maar nie heeldag nie

’n Sesde agtereenvolgende dag van beurtkrag is Donderdag Suid-Afrikaners se voorland.

Dit is egter nonsens dat die krag Vrydag die heeldag gaan af wees.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, sê in 'n twiet die gerug wat op sosiale media versprei word dat krag die heeldag Vrydag gaan afwees is onsin.

Hy het wel bevestig fase 2-beurtkrag Donderdag weer van 09:00 tot 22:00 ingestel gaan word.

Phasiwe het ook bevestig Eskom 'n mediakonferensie vandag om 14:00 hou om die publiek in te lig oor die stand van sake by die kragvoorsiening.

  • Mense wat hul elektrisiteit direk by Eskom kry, kan die beurtkragskedule op Eskom se webtuiste kry of 0860 037 566 bel vir meer inligting.
  • Mense wat hul elektrisiteit by hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir skedules besoek.
Meer oor:  Eskom  |  Khulu Phasiwe  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.