Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Maak gereed vir ’n donker week
An Android mobile phone application by Eskom Holdi
Suid-Afrikaners moet maar gewoond raak daaraan dat die ligte dikwels gaan afgaan. Foto: Getty Images

Haal die kerse uit en maak seker die gassilinder is vol want dié week gaan jy dit waarskynlik dikwels nodig kry.

Eskom het van Sondag af vir die eerste keer dié jaar weer beurtkrag ingestel.

Khulu Phasiwe, Eskom-woordvoerder, sê onverwagse probleme by van die kragreus se kragstasies is hoekom die ligte afgeskakel moet word.

Dinge het Maandag vinnig agteruitgeboer en teen kort voor 14:00 het Eskom aangekondig hy van fase 2-beurtkrag oorskakel na fase 4.

Phasiwe sê ses ekstra kragopwekkingseenhede het sedert Maandagoggend buite werking geraak wat die kragreus genoodsaak het om 4 000 MW se krag af te sny.

Dit beteken meer gebiede se krag word op enige gegewe tyd afgesny.

Hy het Maandagoggend aan Jacaranda FM gesê dat Eskom geen ander keuse het nie as hy ’n algehele kragonderbreking landwyd wil vermy.

Phasiwe het aan dié radiostasie gesê daar is ’n groot kans dat beurtkrag vir die volgende twee maande, oftewel tot April toe, toegepas gaan word.

Hy het wel gesê dit beteken nie dat daar tussen nou en April elke dag beurtkrag gaan wees nie; net dat daar wel elke dag ’n kans is die krag afgesit sal moet word.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Sondag aan Netwerk24 gesê hy beplan om “binne die volgende 24 uur” met Eskom se bestuur en direksie te vergader oor stappe om groter sekerheid aan Suid-Afrikaners oor kragvoorsiening te gee.

Reuters berig Gordhan het die daad by die woord gevoeg en Maandag met die direksie vergader.

Geen besonderhede oor wat die uitkoms van dié vergadering is, is nog bekend nie.

Natasha Mazzone, DA-LP, sê Maandag in ’n verklaring dié party het ’n versoek aan Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, gerig dat die krisis by Eskom dringend in die parlement gedebatteer moet word.

“Dit is noodsaaklik dat die speaker hierdie debat dringend toelaat as ’n saak van nasionale belang aangesien die nuutste kragonderbrekings ongetwyfeld ’n uitwerking sal hê op die daaglikse bedrywighede van klein ondernemings en dit tot verdere werksverliese sal lei,” sê sy.

Lees ook: Almal wil weet wanneer krag af is - webwerwe vou

  • Mense wat hul elektrisiteit direk by Eskom koop, kan die beurtkragskedule op Eskom se webtuiste kry of 0860 037 566 bel vir meer inligting.
  • Mense wat hul elektrisiteit by hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir die skedules besoek.
Meer oor:  Eskom  |  Khulu Phasiwe  |  Pravin Gordhan  |  Elektrisiteit  |  Kragvoorsiening  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.