Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Mankolieke netwerk laat risiko styg

Geen beurtkrag word vir Sondag beplan nie, ten spyte van ’n onbeplande meganiese fout wat tot die verlies aan opwekkingsvermoë van 9 550 MW gely het.

Eskom het weer gemaan beurtkrag kan op kort kennisgewing kom indien daar nog onbeplande meganiese foute plaasvind.

Die fout het 08:00 Sondagoggend plaasgevind.

Eskom het vroegoggend in ’n verklaring gesê ondanks ’n beperkte en kwesbare stelsel word daar nie beurtkrag verwag nie.

“Die stelsel bly onder druk en kwesbaar omdat die bedrywighede by kragopwekkingsaanlegte baie onbetroubaar is.

“Die waarskynlikheid van beurtkrag duur voort, maar sal net in werking gestel word indien dit absoluut noodsaaklik is.”

Eskom se noodbeheersentrum gaan voort om die stelsel te monitor.

“Eskom wil mense daaraan herinner dat enige onverwagse gebeure soos ’n meganiese fout op kort kennisgewing tot beurtkrag kan lei.”

Almal is gevra om elektrisiteit spaarsamig te gebruik deur onder meer:

  • Lugreëling op ’n gemiddelde temperatuur van 23 grade Celsius te stel.
  • Geisers gedurende piektye af te skakel.
  • Eerder koue water te gebruik as om die geiser elke keer te gebruik.
  • Jou swembad se pomp net twee keer per dag aan te skakel en net drie uur per keer.
  • Aan die einde van die dag rekenaars, drukkers en ander elektroniese toerusting by die muurprop af te skakel.

“Beurtkrag is die laaste uitweg om die kragnetwerk te beskerm teen ’n algehele ineenstorting.”

Saterdag is ’n onbeplande meganiese fout ook vroegoggend ervaar wat 8 650 MW se kragopwekkingsvermoë tot niet gemaak het. Toe is ook gewaarsku die kragnetwerk is kwesbaar.

Meer oor:  Eskom  |  Kragnetwerk  |  Beurtkrag  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.