SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag moontlik hier tot April
Beurtkrag kan moontlik tot April gereëld ingestel word.

Beurtkrag is moontlik ’n werklikheid tot April vanjaar.

Khulu Phasiwe, woordvoerder vir Eskom, het Maandagoggend aan die radiostasie Jacaranda FM gesê daar is ’n groot kans dat beurtkrag vir die volgende twee maande toegepas gaan word.

Hy het wel gesê dit beteken nie dat daar tussen nou en dan elke dag beurtkrag gaan wees nie.

Hy wou egter nie enige verdere inligting gee nie.

Eskom het Sondag vir die eerste keer vanjaar weer beurtkrag begin toepas.

Fase 2-beurtkrag word Maandag ook reeds van 09:00 toegepas en sal tot 22:00 duur.

Phasiwe sê op Twitter daar was tegniese probleme by van sy kragstasies wat hom genoop het om beurtkrag in te stel.

  • Mense wat hul elektrisiteit direk by Eskom kry, kan die beurtkragskedule op Eskom se webtuiste kry of 0860 037 566 bel vir meer inligting.
  • Mense wat hul elektrisiteit by hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir skedules besoek.
Meer oor:  Eskom  |  Khulu Phasiwe  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.