Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Nóg ’n dag van fase 2
Fase 2-beurtkrag sal Dinsdag om 09:00 ingestel word.Foto: Unsplash

Trek maar die komberse nader om warm te bly vandag, want ’n verwarmer gaan dalk nie werk nie.

Eskom sê Maandag in ’n verklaring dat, ongeag die eenhede wat by die Koeberg-, Majuba- en Lethabo-kragstasies weer in bedryf gestel is, hy geen ander keuse het as om steeds Dinsdag fase 2-beurtkrag in te stel nie.

Dit sal van 09:00 tot 22:00 duur.

Dit is net in Kaapstad waar slegs fase 1-beurtkrag in plek sal wees, volgens die stad se metroraad. Dit is danksy die bydrae van die Steenbras- hidroëlektriese skema en die metroraad se gasturbines.

Dit is nou die vierde dag in ’n ry dat Eskom beurtkrag instel en dus meer as die beloofde drie dae wat Eskom in Junie gesê het “dalk” ingestel sal moet word.

LEES OOK: Eskom: Net 3 dae beurtkrag (dalk) dié winter!

Eskom sê die rede hoekom hy steeds beurtkrag moet instel, is omdat hy steeds sukkel om eenhede wat af is by die Kriel- en Medupi-kragstasies op dreef te kry.

Eskom vra dat Suid-Afrikaners elektrisiteit spaarsaam moet gebruik.

  • Daar is voorheen verkeerdelik aangedui dat beurtkrag net tot 12:00 duur. Dit duur van 09:00 tot 22:00.
Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.