Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Noodstelsels ál wat ligte aanhou

Eskom het Woensdag gewaarsku dat die kragnetwerk onder ernstige druk is en dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word.

Maak gereed vir kerslig... Eskom kan op kort kennisgewing beurtkrag instel.

In sy jongste waarskuwing verduidelik die nutsmaatskappy dat die hoeveelheid opwekkingsvermoë wat verlore is, nou 12 000 megawatt (MW) beloop. Dis weens verskeie eenhede by steenkoolkragsentrale wat onklaar geraak het.

Suid-Afrika se gemiddelde energieverbruik in die somermaande beloop sowat 30 000 MW.

Eskom sê hy bedryf sy dieselopwekkers en pomopopgaarskemas maksimaal om die ligte aan te hou, maar aangesien dit al sedert Maandag gedoen moes word, raak hul reserwes van diesel en water nou “kommerwekkend laag”.

Al probeer die kragreus dié reserwes nou weer opbou, beteken die langdurige gebruik van die noodstelsels dat die kans op beurtkrag nou baie groter raak.

Eskom kan die vraag na krag nog behartig indien ’n maksimum van slegs 9 500 MW se opwekkingsvermoë onverwags verlore gaan, maar met vlakke hoër as dít is noodstelsels, wat nie vir lank ingespan kan word nie, ál wat beurtkrag kan afweer.

Eskom het weer eens ’n beroep op kragverbruikers gedoen om krag spaarsaam te gebruik.

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.